3 dag Mooie Montagu

Verken, proe en ontdek die Klein-Karoo

Mooie Montagu is ’n opwindende multidag-stapavontuur waar besoekers Montagu en die omgewing verken terwyl hulle 3 nagte in die gemak van een van ons voorste gastehuise bly – die stylvolle In Abundance. Kliek hier vir meer inligting oor In Abundance.

Dag 1 (+/- 3km)
Aankoms, dorpstoer, muskadelproe en verwelkomingsaandete.   

Dag 2 (+/-15 km) Karoo-, olyf- en jenewerervaring
Die dag se roete bring ’n klomp van die omgewing se skatte bymekaar. Die pad kronkel deur vrugteplase, geruggraat deur die Langeberge wat bo jou uittroon. Dis hier waar die Kaapse fynbos, renosterveld en die sukkulente-Karoo biome bymekaar kom.

Middagete en olyfproe by Olijvenhof. Vir ‘nagereg’ besoek ons ’n unieke buurplaas waar ons kaktusprodukte proe – van jenewer en vodka tot Cacti Spirits. Daarna ontspan en verken die dorp gevolg deur ’n uithaleraandete.

Dag 3 (+/-12 km) Kos en kruie in oorvloed
Dis ’n besonderse dag wat begin op ’n voetpad met uitsigte oor die dorp en die Klein-Karoo-landskap. Dan sak almal diep in die Donkerkloof af, waar die groep ’n besonderse kruiegids ontmoet. In dié kronkelkloof stap jy langs waterstrome op soek na wildeals, wynruit en skilpadbos. Ons wys jou waar die kruie in hul natuurlike habitat groei. Na ’n kruie-geïnspireerde middagete, is daar geleentheid om te ontspan voor ons aansit vir ’n langtafelaandete.

Dag 4: Vertrek óf vertoef
Ná drie wonderlike dae wil mens nie net uitmekaar uit spat nie. Mens wil die ondervinding net nog so ’n bietjie vashou en vertroetel. Daarom het jy die geleentheid om nog ’n bietjie langer te vertoef, sou jy wou. Na nóg ’n uithaler ontbyt het jy die keuse om weer te gaan stap of vir oulaas die winkels in te vaar om ietsie van Montagu vir die huismense saam te neem.

Fiksheid:
Jy moet ongeveer 15km en 12km twee dae na mekaar kan stap. Die terrein is veldvoetpaaie en plaasgrondpaaie.

Prys

R6600 per persoon wat deel

Minimum van 6 mense, maksimum 10 per stap

Afstande

Dag 1: +/- 3km
Dag 2: +/-15 km
Dag 3: +/-12 km

Wat is ingesluit

• 3 aande se luukse verblyf
• Alle etes en wyn
• Gidse en permitte
• Proeë
• ’n Paar verrassings soos net Montagu kan optower
• Let wel: Koste sluit vervoer van en na Montagu uit

2023 se datums:

Datums op navraag